Francois du Toit & Sound Graphics

The Music Of Any Event, Starts Here




BIOGRAFIE -Francois du Toit

 

Francois is op 9 April 1971 in ‘n klein dorpie, Duiwelskloof net buite Tzaneen gebore. Op die ouderdom van 8 kry hy sy eerste Yamaha Klawerbord vir Kersfees. Dit het egter te gou, te klein geraak en op 12 jarige ouderdom kry hy die eerste elektroniese staan orrel. ‘n Technics E33 wat hy deur die jare by verskillende geleenthede gespeel het, van agtergrond musiek tot dans musiek. Hy het in 1985 vir Yamaha demonstrasies gedoen op die Randse Paas Skou.

Hy het reeds in 1986 op die ouderdom van 16 sy eie besigheid in die klankwese begin deur musiek te maak by verskillende geleenthede en so ook sy kennis van musiek as ook klank ingeneurswese verbreed. Die besigheid bestaan steeds.Hy het deur sy skool loopbaan in die koor gesing, Operete se hoofrol vertolk en ook revue gedoen. Hy was ook deel van die Wes Rand Jeugkoor.

Hy het in 2008 weer begin sing en vir Absa Bank op die Prawnfees (3 jaar) en Hartland Fees by hulle stalletjie opgetree en hulle kliente vermaak. Hy het ook die Solo stem gedoen vir die Mpumalanga Absa Koor waar hulle die 3’de plek in gepalm het uit 11 kore. 

Hy het ook in 2010 n paar liedjies gesing op die hoofverhoog by die Druiwefees in Nylstroom. In 2013 eindig jy in die top 10 van die Gauteng Talent Coach kompetisie

Hy deel ook die verhoog saan met kunstenaars soos Lance James, Jason Bradley, Chantelle Williams, Albert de Wet, Touch of Glass, Piet Pompies van DJ Ossewa, Maroelaboom, Jennifer Zamudio, Candy Benson, Thys die Bosveldklong, Arno Jordaan, Bok van Blerk, Gerhard Steyn en Bobby van Jaarsveldt op verskeie geleenthede in 2014.

In 2015 het hy sy eerste CD opgeneem en tree hy ook op saam met Lance James, Jason Bradley en Chantelle Williams by die Randfontein Skou. Sy liedjie "Lied van die Liefde" word genomineer vir die Springbok Internet Radio se Top 20 en bahaal reeds in sy eerste week posisie no 2. Die liedjie was 24 weke op die top 20 waarvan hy 20 weke in die Top 5 verskyn het.

In 2016 word hy uitgenooi om saam met Arno Jordaan, Brendan Pyper en Plain Paper City (Kate van 7’de Laan) by die 2016 Protea Cullifest op te tree. Hy tree ook in die Springbok Internet Radio Musiekfees op saam met Juan Boucher, Manie Jackson, Lance James, Herbie en Ampie (Herbie van Zyl van Herbie en Spence) en die Rodeo Girls. Hy het ook onlangs die verhoog gedeel met Sandy-Lee, Piet Pompies en Armand Hofmyer by die Jami-Lee Fondsinsamelings Fees in Polokwane. Hy het ook saam met Piet Smit in die Springbok Internet Radio Gospel Fees opgetree. Hy het ook n nuwe liedjie “Kleine Meisie” saam met Anton Fitchat in 2016 opgeneem wat eersdaag beskikbaar sal wees.

Francois is ook een van die kunstenaars wat by Elephant & Friends Pub & Grill group geteken is as n gereelde kunstenaar by al 3 hulle takke in Pretoria

Hy het n baie besige program en doen tans 3 tot 4 shows per naweek en is hy besig om sy merk in die musiekbedryf te maak. 

Hy tree ook by troues op en geniet die mense sy interaksie en borrelende persoonlikheid terdee. Hy tree ook op by ‘n verskeidenheid van fondsinsamelings projekte en is dit vir hom ‘n groot eer om sy deel vir die gemeenskap terug te gee deur sy passie uit te leef.

Francois het ook sopas sy nuwe geborgde Ford B Max vanaf BB Menlyn Ford ontvang, waarop hy verskriklik dankbaar is. Baie dankie aan BB Menlyn Ford vir die ongelooflike borgskap

Francois leef sy passie vir sang en musiek uit deur sy persoonlikheid en sang talent wat hy van ons Hemelse Vader ontvang het. Hy het al 3 van sy eie liedjies geskryf, waarvan een getoonset is en ook ‘n groot treffer is by sy optredes. Sy persoonlikheid maak van hom n ware “Performer"